10.28.2015

gesonde dinge



ek het uiteindelik my eie rooibos-tee-room ontwikkel. jy gaan 10 teen 1 ook 'n bietjie moet rondspeel met hierdie resep tot dit vir jou werk. ek gebruik 'n 3/4 koppie olie, 'n 3/4 koppie getrekte rooibos-tee en 3 tot 5 eetlepels gerasperde byewas {as die omgewing warm is waar jy bly, gebruik 5 eetlepels, jy gaan moet speel en dan verminder tot 3 in die winter} en 40+ druppels essensiƫle olies {hier kan jy ook met kombinasies speel soos jy van hou}. in die somer breek ek die olie op in 1/2 koppie soliede olie soos klapperolie of kakaobotter en dan 'n 1/4 koppie lopende olie soos olyf olie en dan andersom in die winter. jy kan jou kombisie wat vir jou die beste werk kies met tyd. hierdie hoeveelheid maak 2 glashouertjies soos in die foto vol. jy moet die room binne 2 maande opgebruik want daar is geen preserveermiddels in nie. halveer die resep as jy lank vat om jou room te gebruik. as die temperatuur in jou omgewing rondspring gaan jy heel moontlik jou room weer moet klits. die tee en olie skei partykeer.

i n s t r u k s i e s :
smelt jou olie en byewas in 'n glashouer oor kookende water. trek jou tee dieselfde tyd. sodra jou olie gesmelt is laat dit vir so 2 minute afkoel. klits jou tee bietjie vir bietjie in jou olie in teen 'n medium spoed {skraap die kante van jou mengbak gedurig skoon}. wanneer dit goed gemeng is drup jou essensiƫle olies ook in. nou klits jy jou room teen die hoogste spoed totdat dit kamertemperatuur is. voila, en dis klaar. skep dit in jou skoon lugdigte glashouers {was alles wat jy gaan gebruik plus die lugdigte glashouers in jou skottelgoedwasser voor die tyd, dan is alles sommer ook ontsmet}. moenie die room in die yskas sit nie en ook nie in direkte son nie.

...

you need to play around with this recipe. ad more beeswax if you live in a warm area and in winter less. i use 1/2 a cup solid oil like coconut oil or cocoa butter and 1/4 cup of liquid oil like olive oil in summer but the other way around in winter. south africa is also a very hot country so if you live in colder areas you might have to adapt the recipe even more. if the temperature jumps around the tea and oil might separate. just mix it again on a high speed.

3/4 cup of oil
3/4 cup of rooibos tea
3 - 5 table spoons of grated beeswax
40+ drops of essential oil {play around with what you like}

i s t r u c t i o n s :
melt the oil and beeswax over boiling water in a glass bowl. make your tea at the same time. when the oil is completely melted let it cool down for 2 minutes. mix the tea into the oil with a hand mixer at a medium speed a little bit at a time. scrape down your bowl sides every now and then. next you mix your essential oil in. now you mix your lotion to a high speed until it is at room temperature. voila it is done. dish up in air tight glass containers. you need to use this lotion within 2 months because it contains no preservatives. don't keep the lotion in the fridge. 


No comments:

if you missed it