Showing posts with label ouma se invloed. Show all posts
Showing posts with label ouma se invloed. Show all posts

8.30.2018

what I love to do, re-booting



tjou-tjou was in a deep sleep for a year now. lot's of things kept me busy and ended up just being excuses to avoid what I love most: creating new products. in the last few weeks I realised that I'm in a battle with myself and I need to get over my blogging slump. talking about my creative process and struggles kept me inspired. so I hope with a lot of little steps I'll be getting back to the maker in me. at the moment I'm busy with a new idea for a product. yay!
...

liewe aarde, ek kan nie glo dat ek 'n jaar laas 'n blog geskryf het nie.🙈 so baie dinge het gebeur die afgelope ruk, waar begin ek? om een of ander rede het ek tot die besef gekom dat ek besig is om met myself te stoei en al die drama en hartseer om my as 'n verskoning te gebruik, om nie te doen wat ek so lief voor is nie. so, met klein stappies sal ek hopelik weer uit my blogging-dip kom. eerste stappie: 'n nuwe produk is in ontwikkeling. hoera!

8.11.2016

blink swart





many moons ago i found this ring in an antique store in long street {cape town}. i fell in love with it. the problem was that the lady in the store replace the old stone with an ugly shiny blue glass stone and i did not wear it very often because i did not like the glitzy stone.
i replace the stone with this lovely plain black one so that the art deco design can stand out more. thanks to the team at swish diamonds & custom designs i love my "new old" ring so much i am wearing it every day!
...

ek vrek oor swart en ougoed, soos julle kan sien daar op my fotos hierbo. die storie agter daardie ring werk so: 'n paar jaar gelede het ek op die ring in 'n antieke winkeltjie in langstraat {kaapstad} afgekom. die oorspronklike steen was verlore en die tannie het 'n vreeslike blink blou glas steen in sy plek gesit. wel, ek het verlief op die ring, minus die lelike blink glas steen, geraak en dit gekoop.
so 'n paar jaar later besluit ek toe om die steen te vervang met 'n swart steen sodat die pragtige art deco ontwerp van dit kan uitstaan. 
baie dankie aan die span by swish diamonds & custom designs, dat hulle my gehelp het om die steen te vervang. 
nou dra ek die ring elke dag.


5.17.2016

for anthea


 copyright of tjou-tjou, all rights reserved by henriette rademan

my tjou-tjou bags with a touch of neon are still popular, just finished this order for anthea.

...

ek so bly dat ek nog bestellings vir my neon sakke kry. hierdie een is vir anthea.

3.01.2016

my new clogs!



i ordered these clogs from superbalist. i got them within a few days. 

...

kyk, ek soek nou al baie jare mooi klompe hier in ons land. hier is 'n post wat ek in 2014 al geskryf het oor dit. ek kon dit nie vanaf oorsee bestel nie, want dit was hopeloos te duur vir my. heel onverwags het ek op hierdie tweetjies afgekom op ons "local is lekker" superbalist web-winkel. binne 'n paar dae het hulle my klompe vir my gestuur. hulle diens was fab!

9.10.2015

button love



a belated present for my friend. she loves buttons just like me.

...

vir chantelle. sy is ook lief vir knopies soos ek. 

8.12.2015

'n jassie vir my


 
my first attempt at crocheting a jersey. what i love about crocheting is that you don't have to stitch panels together. i made my jersey long like a coat.

...

ek het dit uiteindelik reggekry om 'n trui te hekel. die grootste voordeel aan hekel, vir my, is dat jy nie hoef te sukkel om pante aanmekaar te werk nie. alles is aaneen gehekel. ek het my trui lekker lank gehekel soos 'n jas en dit is heerlik warm.

2.04.2015

hello at last




this year started out a bit crazy, but here we are at last. jenny and i made this shwe shwe dungaree for my youngest daughter and she loves it.

...

sjoe, die jaar het woes afgeskop, maar uiteindelik is ons weer op die lug. ek en jenny het hierdie shwe shwe kniebroekie vir my jongste gemaak. my dogterjie is mal daaroor.

7.29.2014

klaar!



58 little squares later and my top/jersey is done. it took two winters to finish this ongoing project. 

...

twee winters later en my truitjies is uiteindelik klaar. dis heerlik warm en werk lekker wanneer ek lae wil dra. die trui bestaan uit 58 vierkante.

7.24.2014

7 matjies later






my home needed a few mats. i made 7, and these are my favourites.

...

ek het matjies vir my huis gehekel, 7 om presies te wees. hierdie 4 is my gunstelinge.

5.22.2014

seriously chunky




this year was hectic and my own handwork was left for last. i love wearing black on black. i wanted very thick black wool (thicker than chunky) for a bit of texture for my new poncho. the description for the thickness of this wool gave me a giggle: seriously chunky. here you go, because it was so seriously chunky it was seriously quick to make.
...

uitendelik kan ek vir julle iets nuuts wys wat ek die jaar gemaak het. sjoe, dit is 'n besige jaar en ek kom nie by my eie handwerk uit nie. hier is my nuwe swart poncho. die dames by wolnessie het vir my hierdie lekker dik wol gegee nadat ek vir dikker wol as chunky gevra het. ek het te lekker gelag toe ek die beskrywing van die wol lees ~seriously chunky. hier gaat jy, 'n poncho met serious tekstuur vir my swart op swart uitrustings.

10.10.2013

bekerkousies



i fell in love with my friend chantelle's ceramic bottons. look at more of them here. we decided to make a new product for tjou-tjou's shops. what a perfect collaboration. i love our new mug cosies!
...

my vriendin chantelle maak die pragtigste porselein-knope kyk 'n bietjie hier. ek en sy het besluit om saam 'n nuwe produk vir tjou-tjou se winkels te maak. ek hekel die kousies en sy maak die knope - die perfekte spanpoging!

10.07.2013

ek kan uiteindelik smok ook






i always wanted to learn how to smock. this weekend was the weekend. i sat down and tried over and over again. this is the result of my fourth try. it's not perfect yet, but i'm getting there.
...

ek wou nog altyd geleer het om te smok. dis vir my so 'n mooi tegniek. die naweek het ek tyd gemaak, gesit en dit oor en oor probeer. die fotos hierbo is die vierde probeerslag. dis nog nie perfek nie, but i'm getting there.

8.08.2013

for t-shirt yarn from t-shirt yarn




i made a nice big basket for my t-shirt yarn. it is too expensive to produce as a tjou-tjou product at the moment. i might produce smaller baskets in the future. 

•••

ek het vir my bolle t-shirt gare 'n lekker groot mantjie gemaak. dit gaan ongelukkig nie werk as 'n tjou-tjou-produk nie, want dit werk te duur uit om te vervaardig. meskien sal ek kleiner mantjies maak in die toekoms as julle baie van dit hou.

7.31.2013

ek lief neon oranje



i made the tjou-tjou hand bag in three colours. the touch of neon orange is perfect.

•••

ek love die tjou-tjou-handsak in drie kleure.

6.05.2013

'n bruin matjie



i'm still playing around with this pattern. the mat is not a 100% yet. but it looks cool in my bathroom though.

•••

ek is nog nie 'n 100% happy met hierdie patroon nie, maar hy lê al op die vloer in my badkamer. 

if you missed it