Showing posts with label my habitat. Show all posts
Showing posts with label my habitat. Show all posts

10.28.2015

gesonde dinge



ek het uiteindelik my eie rooibos-tee-room ontwikkel. jy gaan 10 teen 1 ook 'n bietjie moet rondspeel met hierdie resep tot dit vir jou werk. ek gebruik 'n 3/4 koppie olie, 'n 3/4 koppie getrekte rooibos-tee en 3 tot 5 eetlepels gerasperde byewas {as die omgewing warm is waar jy bly, gebruik 5 eetlepels, jy gaan moet speel en dan verminder tot 3 in die winter} en 40+ druppels essensiële olies {hier kan jy ook met kombinasies speel soos jy van hou}. in die somer breek ek die olie op in 1/2 koppie soliede olie soos klapperolie of kakaobotter en dan 'n 1/4 koppie lopende olie soos olyf olie en dan andersom in die winter. jy kan jou kombisie wat vir jou die beste werk kies met tyd. hierdie hoeveelheid maak 2 glashouertjies soos in die foto vol. jy moet die room binne 2 maande opgebruik want daar is geen preserveermiddels in nie. halveer die resep as jy lank vat om jou room te gebruik. as die temperatuur in jou omgewing rondspring gaan jy heel moontlik jou room weer moet klits. die tee en olie skei partykeer.

i n s t r u k s i e s :
smelt jou olie en byewas in 'n glashouer oor kookende water. trek jou tee dieselfde tyd. sodra jou olie gesmelt is laat dit vir so 2 minute afkoel. klits jou tee bietjie vir bietjie in jou olie in teen 'n medium spoed {skraap die kante van jou mengbak gedurig skoon}. wanneer dit goed gemeng is drup jou essensiële olies ook in. nou klits jy jou room teen die hoogste spoed totdat dit kamertemperatuur is. voila, en dis klaar. skep dit in jou skoon lugdigte glashouers {was alles wat jy gaan gebruik plus die lugdigte glashouers in jou skottelgoedwasser voor die tyd, dan is alles sommer ook ontsmet}. moenie die room in die yskas sit nie en ook nie in direkte son nie.

...

you need to play around with this recipe. ad more beeswax if you live in a warm area and in winter less. i use 1/2 a cup solid oil like coconut oil or cocoa butter and 1/4 cup of liquid oil like olive oil in summer but the other way around in winter. south africa is also a very hot country so if you live in colder areas you might have to adapt the recipe even more. if the temperature jumps around the tea and oil might separate. just mix it again on a high speed.

3/4 cup of oil
3/4 cup of rooibos tea
3 - 5 table spoons of grated beeswax
40+ drops of essential oil {play around with what you like}

i s t r u c t i o n s :
melt the oil and beeswax over boiling water in a glass bowl. make your tea at the same time. when the oil is completely melted let it cool down for 2 minutes. mix the tea into the oil with a hand mixer at a medium speed a little bit at a time. scrape down your bowl sides every now and then. next you mix your essential oil in. now you mix your lotion to a high speed until it is at room temperature. voila it is done. dish up in air tight glass containers. you need to use this lotion within 2 months because it contains no preservatives. don't keep the lotion in the fridge. 


3.02.2015

virrie woelwater in my lewe



hanke: "mommy please make a handbag for me."

...

hanke: "sal mamma asseblief vir my 'n handsakkie maak."


7.24.2014

7 matjies later






my home needed a few mats. i made 7, and these are my favourites.

...

ek het matjies vir my huis gehekel, 7 om presies te wees. hierdie 4 is my gunstelinge.

5.18.2012

keeping it sunny inside



it's the rainy season in cape town and this mommy was dreading the keeping-the-kids-busy-situation. well not any more, thanks to the mama likes this blog i found this stunning idea of a tent over a table and a doorway puppet theatre. what's even better is that they are made locally and the creators have a etsy shop called, cool spaces for kids.
i also came across this tutorial on the ikatbag blog about how to make a house in the hallway. check them out ~ my mind is definitely spinning with indoor tent ideas for my kiddies.

•••

sjoe, die nat winter is hier in die kaap. my kop het die afgelope ruk gedraai, want ek het idees gesoek om my woelwaters besig te hou binne die huis.
hierdie mamma is nou vrek lus om 'n tent te maak vir my kiddies. my inspirasie het ek gekry danksy die mama likes this blog en haar post oor die etsy winkel met die naam, cool spaces for kids {die ontwerpers is van kaapstad!}. 
ek het ook op hierdie stunning blog post afgekom, waar die ma vir jou wys hoe om 'n gang-huis te maak. kyk bietjie hier.

4.12.2012

'n jassie vir my knopie



my mom had this button in her button collection when i was a child. it was my favourite button. after a few years of pleading she gave me her collection. 
a few months ago i found this lovely tut on the kootoyoo-blog
whoohooo! i found a jacket for my button. hop-skip-and-jump.

•••

my moeder het hierdie knoop van tieroog in haar knopieversameling gehad toe ek kind was. na baie jare se smeek het sy vir my die knoop en haar versameling gegee. 
na jare se top oor wat om met die knoop te doen, want dis net te mooi om tussen ander knope te los, het ek 'n oplossing gevind. hoera! afrikaners is plesiering en ek doen die riel op my sitkamermat van opgewondenheid.
hier gaat jy nou. ek het 'n jassie gevind vir my knoop op die stunning blog genaamd, kootoyoo. die patroon is heerlik maklik en vrek slim. gaan kyk bietjie hier.

2.22.2012

let's talk about 'bont'


copyright of tjou-tjou, all rights reserved by henriette rademan

'bont' is one of those stunning afrikaans words that just do not translate well into english. yes, it means multicolored, but the 'unplanned' or natural flow of putting colour together. 'bont' also describe the unexpected coming together of things/people/shapes and sizes,
and so much more...
   i made a 'jana's beanie' out of all the leftover wool i had from the brightly coloured christmas presents i made for my sisters' children. for a designer this is quite liberating
to just put together bright colours without thinking.

•••

dit was sommer heerlik om hierdie 'jana's beanie' vir my dogtertjie te hekel. ek het al die oortollige wol van my 'kersfees-projek' bymakaargeskraap en net gehekel, sonder om the beplan watter kleure pas. as 'n 'designer' is dit ongelooflik bevrydend om net kleur bymekaar te gooi.

2.14.2012

jana's beanie


copyright of tjou-tjou, all rights reserved by henriette rademan

my oldest daughter came up with this idea one day. here's her words roughly translated:
'mom will you make me another beanie, but i hate it when my pony tail is tugged inside the beanie. can you make a hole for my pony tail?'
here you go, jana's beanie.

•••

my oudste het eendag met hierdie oulike idee opgekom. hiers haar woorde: 'mamma ek wil 'n mussie hê, maar ek haat dit as my bokstert vassit onder die mussie. Kan mamma 'n gaatjie maak vir my bokstertjie?' Nou hier gaat jy, jana se praktiese ontwerp vir 'n mussie vir besige dogtertjies.

2.07.2012

hanke se bersie {hanke's blanky}



the latest memory for my memory wall ~ i've stitched my youngest daughter's profile on a piece of her favourite 'blanky'. the loose bits of thread is my way of mimicking her hair in the morning before i have to chase her around in the house with a brush...

•••

my volgende herhinnering vir my 'stukkiesonthoumuur' is my jongste dogterjie se profiel 
op haar 'bersie'. die los gare stel haar deurmekaar haartjies voor net nadat sy wakker geword het.

10.11.2011

fees van die engele {festival of the angels}


tjou-tjou has been invited to attend markgoed: fees van die engele'
{market goods: festival of the angels}.
five years ago, two friends sonette barnardt and jean den heijer, started this amazing market.
for 3 days sonette converts her lovely home and garden into a gallery/market and tea garden.

so come and browse with tjou-tjou for some beautiful antiques, silverware, jewellery, fabrics, artworks, sculptures and goodies for your home. this years market is inspired by a 'french brocante' mood. spoil yourself and your loved ones and get an early start on your christmas shopping in the heart of somerset west.

tjou-tjou neem hierdie jaar deel aan 'markgoed: fees van die engele'.
'markgoed' is vyf jaar gelede deur twee vriendinne begin, sonette barnardt en jean den heijer.
sonette verander haar pragtige huis, met die hulp van jean, in 'n lieflike gallery/mark en teetuin vir drie dae.

kom geniet 'n heerlike huislike atmosfeer, terwyl jy snuffel vir pragtige antieke ware, silwergoed, mooi lappe, kunswerke, juweliersware, beelde en huisware. die mark het 'n 'brocante' gevoel hierdie jaar. so kom snuffel vir kersgeskenke en geniet saam met tjou-tjou 'n geurtjie van frankryk in die hartjie van somerset-wes.


here's the details loosely translated for my english friends:
thursday 20 october until saterday 22 october from 10:00 to 18:00 {except on saterday, until 15:00}
R10 entry. 4 hoogenhout street, briza, somerset west.
for more information, call: sonette, 082 774 1077 or jean 072 376 4935.
for directions email: sonette@global.co.za.

10.10.2011

'n hangplek


i was thinking about how to hang up my work and inspiration in my studio for a while now.
a few weeks ago, i found this lovely idea on 'design is mine'.

ek het uiteindelik 'n plekkie in my kantoor om ditjies en datjies op te hang. hierdie idee
het ek hier gevind.

6.28.2011

just for me {vir 'n verandering}



mom and dad are always last on the list when it comes to shopping for new clothes. for a change ~ 
i made this top for me in front of the fireplace when the kids was sleeping.

ek vermoed in die meeste huishoudings met kinders en 'n bakkievrag diere, soos myne, is ma en pa altyd laaste op die lys as dit kom by nuwe klere. die afgelope ruk, terwyl die kinders slaap, het ek hierdie toppie vir my gehekel voor die warm kaggel.

6.14.2011

vir my woelwater


i love to crochet. i'm still a beginner and only make simple things like cushions and scarves. this little dress is my first for my youngest.

soos julle seker nou al agtergekom het, geniet ek dit om te hekel. ek hekel maar eenvoudige goedjies soos ~ mussies, kussings en serpe. hier is my eerste rokkie vir my jongste. die moeilikste was om die girl so ver te kry om stil te staan vir die fotos.

5.04.2011

nog 'n geboorte {birth no 2}



i made another one out of my leftover wool. love the colours so much that i feel like buying them again to make one more. 

toe maak ek nog een uit my oorskiet wol. tadaaa! ek hou so baie van die kleure dat ek weer al die kleure gaan koop en nog een wil maak.

4.19.2011

ouma se invloed







i made this scatter cushion from {literally} all my leftover wool.

ek het al my oorskiet wol bymekaargesit {letterlik} en hierdie strooikussing gemaak.

4.13.2011

oppad huis toe } on my way home



every year i promised myself that i would photograph these lilies ~ almost missed them. 
this little patch of march lilies only blooms, what feels like for a second, every year by the side of the road. 
i live about 70km from cape town in a little town called wellington. i drive to the city every day. they always make me smile, because they push through the earth in-between dry grass and sticks, to wow us with their pretty little pink faces without skipping a year.

net vir 'n oomblikkie bloei hierdie klompie maart-lelies elke jaar. so belowe ek myself al vir jare dat ek fotos van hulle sal neem. dit was amper of ek het hulle weer gemis. 
ek ry elke dag werk toe uit die platteland tot in die stad. hulle groei langs die pad oppad na durbanville vanaf wellington. wat my altyd laat glimlag is dat hulle sommer so tussen die droë grasse en takke hulle mooi gesiggies net vir 'n ou kort rukkie kom wys. hulle is goed vir my hart.

3.15.2011

my werkie met 'n glimlag {for the kiddie-poos}

die naweek het ek, liesl en my sussie sweetpakbroekies virrie kiddies gemaak. ses woelwaters  {almal meisies ~ al die pienk} in totaal gaan elke woelwater hopelik so ±drie broekies kry vir die winter.

2.08.2011

love under my sarmie



my hubby packed my lunch today ~ found this under my sarmie.

ek moes net hierdie deel ~ my man het vir my toebroodjies ingepak, hierdie hartjie het ek onder een toebroodjie gekry ~ aaah.

9.01.2010

laag op laag {layered}



mother nature is giving us permission to have a skip in your step today. have a lovely spring day.

die "dooie" takke bloei met lewe in my tuin. moedernatuur gee ons vandag rede om 'n huppel in ons stap te hê. 
ek hoop julle het almal 'n heelike lente-dag.

7.27.2010

oodles of doodles




my learners cover their desks with boards every year. look at this one from a few years back. johan strydom's desk cover is mounted and hanging on my wall in my office.

spesiaal vir johan strydom. johan het via een van my huidige leerlinge gevra of ek nog sy "desk cover" het. dis teen my muur in my kantoor en laat my nog steeds lag. dankie.

if you missed it